Die WIPS span hanteer die volgende:

  • Noodoproepe
  • Wild- en Veediefstalle
  • Plaasaanvalle
  • Oproepe na inbrake
  • Diefstalle en vele meer
  • Voetpatrollies
    Die voetpatrollies het ontstaan in samewerking met die Landbou Unies. Die voetpatrollies opereer in gebiede waar misdaad nogsteeds voorkom. Voetpatrollies bestaan uit twee of meer van die WIPS se sekuriteitspersoneel wat alle vreemde bewegings ondersoek. Die voetpatrollies het toestemming van die boere om residensiële- en stoorfasiliteite op die plase te deursoek vir gesteelde goedere en ook vir onwettige immigrante.
  • WIPS Radioroep
    @ 06:30 en 18:30 vir die Loskopdam/Groblersdal- en Marble Hall gebiede.
    @ 05:30 en 19:00 vir die Toitskraal area.
    Dit bring mee dat die beheerkamer alle intekenaars na die radioroep dienstyd soggens en saans roep op tweerigting radio's. Die operateur kan seker maak of die intekenaar enige probleme gedurende die afgelope 12 uur ondervind het en die identiteit van die intekenaar word ook bevestig.  Sou 'n intekenaar nie die oproep antwoord nie, word hy geskakel, en as daar steeds nie reaksie is nie, word 'n ondersoek onmiddelik geloods. Hierdie diens is 'n resultaat van die samewerking met die Landbou Unies. Piet tree vir hulle op as konsultant ten opsigte van die sekuriteit en wildbewaring.

Tariewe

Wildbewaarders op Plase
 
Een Wildbewaarder per dag (12 uur skof) R    360,00
Een Wag per maand (12 uur skof) R 5 450,00
Een Renosterspan Wildbewaarder per maand (12 uur skof) Enquire
   
Wagte in die Dorp
 
Een Wag per dag (12 uur skof) R    450,00
Een Wag per maand (12 uur skof) R 6 183,96
   
Deursoeking van Plase vir Strikke
 
Eerste 200 ha R 2 500,00
Elke volgende 100 ha R    400,00
Minimum Tarief R 2 500,00
   
Uitroepe
 
Noodoproepe, Vee Diefstalle, Plaasaanvalle, Uitroepe vir diefstalle, ens. R 1 500,00

+Kilos word gehef teen R4,50 per kilo, buite 'n 60 km radius van Groblersdal.