Wildlife Investigation and Protecting Services (W.I.P.S.) is 'n onafhanklike privaat maatskappy wat geen fondse van die regering ontvang nie. Die hoofdoel van WIPS is die bewaring en beskerming van wild.  Alhoewel WIPS geen ondersteuning van die regering ontvang nie, werk hulle nou tesaam en ondersteun hulle die SAPS (Veediefstaleenheid) en Natuurbewarings organisasies soos die Loskopdam Natuurresrvaat, waar WIPS betrokke is by die beskerming van renosters.

Die WIPS-span hanteer noodoproepe, veediefstalle, plaasaanvalle, oproepe na huisbrake, diefstal en nog vele meer.

WIPS voorsien tans opgeleide Khwe-natuurbewaarders aan kommersiële boere in die gebiede om Stoffberg, Middelburg, Loskopdam en Marble Hall.

Dit moet vermeld word dat WIPS nie net betrokke is by die verwydering van valstrikke en opsporing van stropers nie, maar ook beskerming bied aan kommersiële plase waar die diefstal van elektriese (koper) kabels van besproeiingstelsels 'n ernstige probleem is.  Die plase onder besproeiing onder Loskopdam is ook bekend vir sitrus, druiwe, perskes, waatlemoene en ander vrugte wat geproduseer word vir uitvoer doeleindes.  Beskerming teen diefstal het 'n ernstige probleem geword gedurende die oes proses van die vrugte.